Submit ListingSubmit your listing for FREE on the Schoolkidz website.

Boontjieplant Ontkieming

Natuurwetenskappe en Technology

Ontkieming verwys na die begin van die groei in ’n saad waardeur dit tot ’n volwaardige plant kan ontwikkel. ’n Saad kan selfs vir ‘n geruime tyd rustend wees, en eers begin ontkiem wanneer die omstandighede gunstig is.

Wat benodig ‘n jy vir ‘n suksesvolle Boontjieplant Ontkieming?
1. Water (dit laat die saad uitswel en aktiveer die embrio om te begin groei)
2. Suurstof (sodat energie vir ontkieming vrygestel kan word)
3. Hitte

Boontjieplant Ontkieming het ook sonlig nodig om te groei, maar lig is nie ’n voorvereiste vir ontkieming nie. Die boontjiesaad kan ewe goed in ’n warm, vogtige, donker plek ontkiem, maar sal moet deur middel van fotosintese vir hom kan kos maak uit sonlig.