Submit ListingSubmit your listing for FREE on the Schoolkidz website.

Speelhoekie Speelgroep Elarduspark

Speelhoekie Speelgroep Elarduspark

Speelhoekie het in 2007 in Elarduspark geopen. Ons doel is om ‘n ontspanne, vriendelike atmosfeer in ‘n veilige omgewing te skep en om die kleuter voor te berei op die meer formele kleuterskool. Die klassie is tans vir kleuters wat in 2010 en 2011 gebore is.

Kleuters leer deur al hulle sintuie te gebruik. Hulle moet toegelaat word om te sien, voel, hoor, ruik en proe. Hier word gefokus op groot en fyn motoriese ontwikkeling. Opvoedkundige speelgoed word voorsien en hulle word speel-speel gestimuleer. Hulle leer die begin van plak, verf, skeur, krabbel en met klei te speel. Kleuters word aangemoedig om te speel. Hierdie is ‘n belangrike fase in die kleuter se lewe want hier leer hulle sosialiseer, deel en saamspeel.

Ons glo dat ‘n kind baie liefde, persoonlike aandag en ondersteuning nodig het om positief te kan ontwikkel. In die klassie bemagtig ons die kleuters om te ontwikkel tot hul volle potensiaal. Hier word aan al ons kleuters die geleentheid gegee om basiese lewensvaardighede te bekom.

Dae en Tye:

Speelhoekie is oop op Maandae, Woensdae en Vrydae vanaf 08:00 tot 12:30. Ons is gesluit gedurende die Gautengse skoolvakansies (kyk na die kalender vir uitsonderings) en op publieke vakansiedae.

Kleuters moet asseblief tussen 08:00 en 08:30 afgelaai word en tussen 12:15 en 12:30 opgelaai word.

Contact Details for Speelhoekie Speelgroep:

Contact Person:
Monia Vermaak

Tel:
0845557802

Email:
monia@speelhoekie.co.za

Website:
www.speelhoekie.co.za

Address:
Vacy Lyle Straat,
Elarduspark

Speelhoekie Speelgroep Elarduspark Speelhoekie Speelgroep Elarduspark