Submit ListingSubmit your listing for FREE on the Schoolkidz website.

Palet Kleuterkool

Palet Kleuterskool in Pretori Oos is gevul met entoesiasme en passie vir onderrig. Dit is ons doel om elke kindjie met liefde te aanvaar en met positiewe dissipline hulle karakter te vorm.

Palet Kleuterskool beskik oor ‘n goed toegeruste en ruim boomryke 4000m² fasiliteit. Ons bied ‘n warm en vriendelike tuiste vir elke maatjie. Palet Kleuterskool is ‘n Christelike omgewing.

Ons het 6 klaskamers met moderne fasiliteite wat in alle opsigte voldoen aan die vereistes gestel deur die betrokke Departemente.

Verskillende ouderdomsgroepe se speelareas is apart en spesifiek ontwerp met die kinders se ontwikkelingsvlak en belangstelling in gedagte. Die speelterrein beskik oor ‘n goed versorgde grasperk, sandput, fietsbaan, ‘n verskeidenheid buite speelapparaat en ‘n springmat.

Palet Kleuterskool maak gebruik van Arbeidsterapeute, Spraakterapeute en ‘n Fisioterapeut wat ons skool kom besoek en terapie aanbied op ouers se versoek. Ons Bidkamer en ook ‘n terapiekamer is beskikbaar op ons terrain wat verseker dat ouers ‘n een-stop diens by Palet kan geniet.

Buiten ons pragtige fasiliteite, is ons kleuters bevoorreg om hul eie Droombos op die perseel te hê. Droombos is ‘n 4000m² grasperk ideal vir rondhardloop, boeresport, piekniek en kinderpartytjies. Min skole in die Ooste kan spog met soveel spasie en die geleentheid om ongehinderd te kan rondhardloop! Kom besoek ons gerus!

Kontak Besonderhede vir Palet Kleuterkool:

012 991 8860

Leoni Webster – leoni@palet.co.za
Annelie Sdralis – annelie@palet.co.za
Admin – admin@palet.co.za

73A Leander Straat
Olympus
Pretoria