Submit ListingSubmit your listing for FREE on the Schoolkidz website.

Liefie-lyf Opvoedkundige Speelgroep

Liefie-lyf Opvoedkundige Speelgroep

Liefie-lyf opvoedkundige speelgroep is geleë in die Ooste net buite Pretoria op ‘n klein-hoewe.

Ouderdom: 1.5 jaar tot en met die jaar waarin hul 4 word.

Tye: Maandae – Vrydae 07:00 tot 17:00

Speel vorm die basis van leer en die ontdekkingstog by die jong kind, en dit is die fokus van Liefie-lyf opvoedkundige speelgroep .

Daar is ‘n groot grasperk waar hulle kan baljaar en klim – en – klouter tot hulle hartelus.

‘n Dagroetine word gevolg , maar die program word informeel aangebied deur gekwalifiseerde personeel. Ons het ‘n tematafel wat weekliks verander word , ons teken en doen kuns. Daar is ‘n fantasiehoekie en boekhoekie waar die maats hulself kan vermaak.

‘n Arbeidsterapeut kom een keer per week en bied aktiwiteite speels aan vir die maats om seker te maak dat hulle aan die einde van die jaar hul mylpale bereik.

Op Vrydae het ons heerlike bak – en – brou , en ons hou ‘n orkes waar die maats op maat van musiek die instrumente kan geniet.

Ons sien uit daarna om betrokke te raak in die gesonde en gebalanseerde ontwikkeling van elke aspek van jou kosbare klein liefie-lyf.

Kom kuier gerus vir ons.

Kontak besonderhede vir Liefie-lyf Opvoedkundige Speelgroep:

Website:
www.liefie-lyf.co.za

Contact Person:
Mariska Erasmus

Tel:
076 0288 747

Email:
mariska@liefie-lyf.co.za

Address:
218 Mooiplaats, N4-Oos afrit, Donkerhoek Pretoria
1000