Submit ListingSubmit your listing for FREE on the Schoolkidz website.

Laerskool Skuilkrans

Laerskool Skuilkrans, gestig op 7 Januarie 1975, is ‘n Afrikaans medium laerskool in Murrayfield, Pretoria wat Christelike beginsels nastreef en fokus op hoë akademiese standaarde, sport en kultuur. Die Naskoolsentrum is op die Laerskool Skuilkrans terrein geleë, en bied vriendelike versorging deur opgeleide personeel, voedsame middagetes en versnaperings, ‘n veilige speelterrein, en huiswerk en studiegeleenthede vir Gr 1 tot 7. Die kleuterskool open in 2014, vir kleuters vanaf 4 tot 6 jaar (Graad RR en R), en daar sal naskoolfasiliteite in die middae en gedurende vakansies wees (Desember gesluit).

Die Ope Dag en Inligtingsaand vir 2014 is op Woensdag, 15 Mei 2013 OM 18:00 in die Laerskool Skuilkrans skoolsaal, vir Graad RR, R en Graad 1 leerlinge. Vir meer inligting gaan na die Laerskool Skuilkrans webtuiste, www.skuilkrans.com.

Laerskool Skuilkrans Inligting:

  • Kleuterskool: (4-6 jaar) Graad RR en R.
  • Akademie: streef hoë akademiese standaarde na.
  • Sport: Atletiek, Landloop, Rugby, Netbal, Swem (Moet basies kan swem), Hokkie (seuns en meisies), Tennis, Sagtebal (meisies), Krieket, Skaak, Swem.
  • Kultuur: Buksiekoor, Kinder- of Seniorkoor, Voortrekkers, Redenaars, ens.
  • Musieksentrum
  • Mediasentrum.
  • Klubhuis: verhuur klubhuis aan die publiek, het Braai Fasiliteite, Mikrogolf oond, Stoof met oond, Wasbak, Yskas.
  • Naskoolsentrum: Graad RR tot Graad 7, met afsonderlike geriewe vir Juniors en Seniors; Tel (012) 803 4353.

Laerskool Skuilkrans Kontak Inligting:

Tel: 012 803 7103/4

FaKS: 012 803 3198

E-POS: admin@skuilkrans.com

Webtuiste: http://www.skuilkrans.com/

Physical Address:
Laerskool Skuilkrans
Murrayfield
Pretoria
Gauteng