Submit ListingSubmit your listing for FREE on the Schoolkidz website.

Centurion Remediërende Akademie

CRA School - Centurion -

Die Centurion Remediërende Akademie (CRA) in Doringkloof, Centurion, Pretoria, is ‘n onafhanklike privaatskool wat leerders vanaf Gr 1 tot 7 help en ondersteun met leerprobleme, disleksie, aandagafleibaarheids sindroom met of sonder Hiperaktiwiteit (ADD/ADHD). Die skool streef daarna om ouers te ondersteun in hul poging om die beste vir hul kinders te gee. Daar is verskeie soorte hulp beskikbaar insluitende akademiese ondersteuning met gekwalifiseerde personeel. CRA is die skool waar elke kind tot sy volle potensiaal kan ontwikkel!

ADD/ADHD is ‘n neurologiese kondisie en affekteer ongeveer 5% van die bevolking.  Persone met ADD/ADHD ontgroei nie die kondisie nie, maar leer eerder om daarmee saam te leef. CRA is deel van ADHASA (Attention Deficit Hyperactivity Support Group of South Africa), ‘n nie- winsgewende organisasie wat streef om alle mense te ondersteun rakende ADD/ADHD.

Centurion Remediërende Akademie:

  • Privaatskool.
  • Onderrig: Afrikaans.
  • Leerders met leerprobleme, disleksie, aandagafleibaarheids sindroom met of sonder Hiperaktiwiteit (ADD/ADHD).
  • Alle leerders moet deur ‘n professionele persoon ge-evalueer wees vir toelating tot CRA.
  • Bedien die groter Centurion en Irene gemeenskappe.

Centurion Remediërende Akademie Kontak Inligting:

Tel: 012 667 3444 / 082 786 5137

Webtuiste: http://www.adhd-school.co.za

Physical Address:
Centurion Remediërende Akademie
Doringkloof
Centurion
Pretoria